Wikipedia

Soekresultate

Woensdag 02 November 2016

FINALE AANKONDIGING

FINALE AANKONDIGING RAKENDE JOU PRAKTIESE EKSAMEN.

Die prakties is nou gefinaliseer. Jy sal jou teoretiese prakties in die eksamen-lokaal aflê. Ek sal daar wees om jou daar-deur te lei.

Jy mag egter voortgaan en jouself voorberei, op grond van, die informasie wat in hierdie blog vir jou gegee is.

Leer hard en sterkte met jou eksamen!

Prof groete.

GRAAD 11: BIODIVERSITEIT ONDER PLANTE

Dinsdag 25 Oktober 2016

PRAKTIESE EKSAMEN

VERANDERING VAN DIE PRAKTIESE EKSAMEN

Naand kinders, soos julle weet, werk alles nie volgens plan nie. Die praktiese eksamen sal nie soos gereel kan voort-gaan nie. Ek sal julle op hoogte hou rakende die alternatiewe opsies.

Hou hierdie blad dop! Dit sal in jou guns tel...

Prof. groete!

Saterdag 22 Oktober 2016

GRAAD 10: EKSAMEN PRAKTIES

            

Praktiese inligting: 

Berei jouself voor met die volgende punte t.o.v jou prakties
Onthou ek sal jou in jou eksamenlokaal kom haal. 

  1. Die Prakties sal 'n uur lank wees. In my laboratorium (54)
  2. Berei jouself voor vir die volgende: 
  • Plant- en Dier-weefsel
  • Voedseltoetse
  • Kleurveranderings by voedeltoetse : Benedict / Fehling ; Jodium; Biuret / Milton.
  • Voedseltipes
  • Dier- en plant- weefsel 
Groete, 

Prof Thiart!

GRAAD 11: EKSAMEN PRAKTIES

Praktiese inligting,

Berei jouself voor met die volgende punte t.o.v jou prakties.
Onthou ek sal jou in jou eksamenlokaal kom haal. 
  1. Die Prakties sal 'n uur lank wees. Dit vind in my laboratorium plaas (54)
  2. Voorbereiding: 
  • Opstel van hipotese
  • Onderskei tussen afhangklikes, onafhangklikes en veranderlikes t.o.v die eksperiment. 
  • Ondersoek
  • Anaerobieserespirasie / transpirasie 
  • Nier en funksionering daarvan. 
Groete, 

Prof Thiart.

GRAAD 10: WAAROOR SKRYF EK EKSAMEN?

Waaroor skryf ek eksamen? - Graad 10


Hierdie in die punte (topics) waaroor jy in die eind-eksamen sal skryf.

Vraestel 1: Fisiologie (Menslike Kennis)

1. Chemie van die lewe (16%)*

2. Selle: Basiese eenheid van lewe (17%)*

3. Selding: Slegs mitose (12)*

4. Plant- en Dierweefsel (13%)*

5. Plantorgane van die blaar (3)* Moontlike byskrifte by 'n tekts.

6. Ondersteuning en vervoerstelsels: Plante (17%)*

7. Ondersteuningstelsels: Diere (17%)*

*Persentasie van vraagsamestelling in die vraestel. 

Vraestel 2: Ekologie (Natuurlike omgewing)

1. Vervoerstelsels in soogdiere (hart en pulmonêre-siklus) (20%)*

2. Biosfeer en Ekosisteme (Biome) (40%)*

3. Biodiversiteit en Klassifikasie (7%)*

4. Geskiedenis van Lewe op Aarde (33%)*

*Persentasie van vraagsamestelling in die vraestel.

Moontlike langvrae:

V1: Mitose 
       Oorsake, Simptome en Voorkoming van skiete(s)
       Ondersteuningstelsels

V2  Aardverwarming (Kweekhuiseffek)
       Pulmonêre siklus / diastool & sistool
       Waarom is fossiele belangrik?
       Geskiedenis van Aarde.

Lekker leer, 

Mnr. S. Thiart (lwbokkies@gmail.com)

GRAAD 11: WAAROOR SKRYF EK EKSAMEN?

Waaroor skryf ek eksamen? - Graad 11

Hier is die punte waaroor jy in die komende eind-eksamen sal skryf. 

Vraestel 1 - Fisiologie (Menslike kennis) 150 punte 

1. Energie- omskakelings om lewe te onderhou: Fotosintese (18%)*

2. Diere-voeding (18%)*

3. Energie-omskakeling: Respirasie (10%)*

4. Gaswisseling (15%)*

5. Ekskresie in die mens (15%)*

6. Populasie Ekologie (24%)*

*Persentasie van die vraag-versameling in die vraestel.

Vraestel 2- Ekologie (Natuurlike omgewing) 150 punte 

1. Biodiversiteit en klassifikasie van mikro- organismes (20%)*

2. Biodiversiteit in plante en reproduksie (20%)*

3. Biodiversiteit van diere (13%)*

4. Menslike impak op die omgewing: huidige krisisse (47%)* + langvraag.

*Persentasie van vraag-versameling in die vraestel .

Moontlike langvrae: 

V1 Resparatoriese-siektes, oorsake, voorkoming
      Inpak van menslike poulasie op habitatte / biosfere
      Populasie- oorbevolking; aardverwarming

V2 Menslike inpak op die omgewing
      Belangrikheid van Biodiversiteit t.o.v water bronne

Lekker leer! 

Mnr. S. Thiart (lwbokkies@gmail.com)

EKSAMEN 2016

VOORSPOED MET DIE EKSAMEN LW BOKKIES!

                      

Vrydag 08 Julie 2016

VAKANSIEBOKKE VAN 2016

VAKANSIEBOKKE VAN 2016

Bokkies, ek hoop julle hou lekker vakansie. Daar is maar min tyd oor... Dit is egter goed so, want ek kan nie wag om Kwartaal 3 te begin nie. Kwartaal 3 hou baie interessante Biologie-lesse in. Hierdie sal ook die Kwartaal wees wat julle die meeste sal geniet. 

Julle kan uitsien na die wonderlike fisiologie van die Longe (Gr 11) en die Hart (Gr 10).
Daarom het ek dit goed gedink om hierdie interaktiewe- liggaam vir julle te gee om mee te speel. Raak solank bekend met die interne-werking van die organe. Onthou, speel is leer. 

Geniet dit! Prof- groete.

     

Sondag 13 Maart 2016

"BIO''KKIES- LW KLUB

Meer hieroor in die nuwe kwartaal. Hou die blog dop om aan te sluit by die beste vak se klub. 
"BIO"KKIES

Groete, Prof. Thiart  



Saterdag 12 Maart 2016

GRAAD 11: TOETSREEKS-WENKE.

TOETSREEKS- WENKE VIR 14 MAART 2016

My kinders, soos jy weet weeg hierdie vraestel baie vir jou kwartaalpunt en daarom is dit baie belangrik om goed en hard  te leer vir hierdie toetsreeks. Hier is 'n paar wenke aangaande die vraestel wat ek hoop dit vir jou makliker sal maak om te volhard. 

1.  1 uur en 10 min skryftyd
2.  70 punte

3.  LEES JOU INSTRUKSIES EN INLIGTING VOORDAT JY BEGIN.

4.  AFDELING A, Vraag 1: Meerkeusevrae
     ***Kyk na vaatbundels, mos, bakteriee, imuuniteit, tradisionele Biotegnologie en plante***

5.  AFDELING B Vraag 2: Vrae vanaf skets. 
     ***Biodiversiteit van plante*** (Dele en aanpassings).
     Vraag 3: Leesstuk, Lees net mooi.
     ***Siektes***

6.  AFDELING C: Vraag 4: Langvraag.
    *** Ek wil 'n inleiding, liggaam en slot sien. Ek wil sien hoe jy ontwikkel in die teks.***
    *** 17 punte hiervan gaan aan jou kennis oor die onderwerp, maak dus seker jy kan 17 feite          
            rakend die onderwerp vermeld.***
    *** 3 punte gaan aan jou Sintese, hoe relevant en logies jou teks is EN of jy begrip van die 
           onderwerp toon. 
MOONTLIKE LANGVRAE: Hier is die moontlikes waarop jy jouself van voorberei. Maak dus seker dat jy 'n "rolling"kennis van elkeen van hierdie onderwerpe het. Moet ook nie vergeet wat ek in die klas vir jou gesê het nie. 
                      *Lewenssiklus van die Malaria-muskiet
                      *Voor en nadele van ongeslagtelike en geslagtelike voortplanting onder plante
                      *Aanpassings van organismes (diere), met betrekking tot die liggaam. 
                      *Liggaamsplanne van diere.

7.  ONTHOU, die eksamen-woordelys wat ek vir elkeen gegee het, kyk daarna en maak seker jy 
     KEN die terms en betekenis van die belangrikes. 

Lekker leer en maak my trots! 

Groete, Prof. Thiart.




GRAAD 11: VOORPLANTING VAN PLANTE

GRAAD 11 KWARTAAL 1 HERSIENNING