LINNAEUS het 'n hiërargiese klassikikasiestelsel ontwerp, waar sewe (NB) kategorieë (taksons) en elke ryk gebruik is.
1. RYK
2. FILUM
3. KLAS
4. ORDE
5. FAMILIE
6. GENUS
7. SPESIE
Die groepe waarin organismes verdeel word staan bekend as taksons. Die formele wetenskaplike klassifikasie van organismes staan as TAKSONOMIE bekend.
- Boostaande kategorieë is gebaseer op gedeelde fisiese kenmerke binne elek groep.
- Die klassifikasie begin by RYK, met elke daaropvolgende vlak van klassifikasie wat al meer en meer spesifiek raak.
- Organismes binne dieselfde familie het dus meer in gemeen as organismes binne dieselfde orde, ens.
***'n Ryk word diere onderverdeel in filums, maar by plante word die term DIVISIE gebruik.***
Daar is dus vyf ryke waarin organismes geplaas kan word nl. MONERA, PROSISTA, FUNGI, PLANTEA en ANIMALIA. Hier speel 'n paar kritera 'n rol waarin organismes geplaas word, t.o.v die ryk.*
- Liggaamstruktuur
- Selstruktuur
- Samestelling van SELWAND
- Beweeglikheid
- Voedingswyse
- Voortplanting
Hoop dit help jou om die klassifikasie van organismes beter te verstaan.
Groete,
Prof Thiart
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking