Wikipedia

Soekresultate

Donderdag 10 Desember 2015

DIE MENSLIKESKELET

DIE MENSLIKESKELET

Hier is vir julle 'n lekker interaktiewe bylaag van die menslikeskelet. Speel lekker, en onthou om so deur die speel iets nuuts te leer van die liggaam. Hoop julle geniet die vakansie! 

"Jy is tot alles instaat, deur Hom wat jou krag gee!" 

Groete, Prof Thiart.

Woensdag 04 November 2015

KLASSIFIKASIE VAN ORGANISMES

CARL LINNAEUS, 'n Sweeds Botanis (iemand wat die ryk van plante bestudeer), was die eerste persoon om organismes in twee ryke te verdeel nl. Plantea (plante) en Animalia (diere).

LINNAEUS het 'n hiërargiese klassikikasiestelsel ontwerp, waar sewe (NB) kategorieë (taksons) en elke ryk gebruik is.

1. RYK
2. FILUM
3. KLAS
4. ORDE
5. FAMILIE
6. GENUS
7. SPESIE

Die groepe waarin organismes verdeel word staan bekend as taksons. Die formele wetenskaplike klassifikasie van organismes staan as TAKSONOMIE bekend. 

  • Boostaande kategorieë is gebaseer op gedeelde fisiese kenmerke binne elek groep.
  • Die klassifikasie begin by RYK, met elke daaropvolgende vlak van klassifikasie wat al meer en meer spesifiek raak.
  • Organismes binne dieselfde familie het dus meer in gemeen as organismes binne dieselfde orde, ens. 
***'n Ryk word diere onderverdeel in filums, maar by plante word die term DIVISIE gebruik.***

Daar is dus vyf ryke waarin  organismes geplaas kan word nl. MONERA, PROSISTA, FUNGI, PLANTEA en ANIMALIA. Hier speel 'n paar kritera 'n rol waarin organismes geplaas word, t.o.v die ryk.*
  1. Liggaamstruktuur
  2. Selstruktuur
  3. Samestelling van SELWAND
  4. Beweeglikheid
  5. Voedingswyse
  6. Voortplanting

Hoop dit help jou om die klassifikasie van organismes beter te verstaan.

Groete, 

Prof Thiart

Sondag 01 November 2015

MOVEMBER 2015

MOVEMBER
Die bewusmaking veldtog vir die gesondheid van mans. Hierdie beweging fokus op die fonds-insameling vir die verligting van gesondheidskwessies wat mans / seuns raak.
Gesondheidskwessies sluit in:
1. Prostaatkanker
2. Testikulêre kanker
3. Geestelikegesondheid
4. Beweeglikheid

Teken nou aan en vorm deel van hierdie beweging : movember sign on

Groete,
Mnr. S, Thiart (LW Bokkies)

CANSA BORSKANKER BEWUSMAKING

Borskanker, soos enige ander kanker word veroorsaak deur 'n Karsinogeen. 'n Karsinogeen is 'n kanker-wekkende geen wat selle abnormaal laat verdeel. Maak nie saak wat jou ouderdom is nie, jy kan deur kanker geraak word. Vereenselwig jou met die nodig inligting.

Groete,
Mnr. S. Thiart (LW Bokkies) 


LABORATORIUM-JASSE BESKIKBAAR VIR 2016

LABORATORIUM-JASSE BESKIKBAAR VANAF JAN 2016

Maak seker jy is prakties-gereed met jou eie laboratorium jas. 

Pryse word vanaf Januarie 2016 beskikbaar gemaak. Hou die LW Bokkies Blog dop.

                             


                                                     

PERIODIEKE TABEL

Daar is 112 elemente op die periodieke tabel... 

Elemente van links na regs, staan as groepe bekend. Die tabel van 112 elemente het 18 groepe.
Elemente van bo na onder, staan as die periodes bekend. Daar is 7 periodes op die tabel.

Verder, groepeer die tabel die elemente volgens: vastestof, vloeistof, gas en "onbekendes". 
Maar, die twee belangrikste tipes elemente wat die tabel moet van onderskeid tref, is metale en nie-metale. 

Onthou die basics vir jou toets!

Hierdie skakel, Fun Elements , wys hoe maklik dit is om dit te onthou. 

Groete, 
Mnr. S. Thiart



Saterdag 31 Oktober 2015

GRAAD 10: HERSIENNING - PROKARIOTE EN EUKARIOTE

GRAAD 10: EINDEKSAMEN - PRAKTIES (OORSIG VAN DIE SEL)

INLEIDING TO LW BLOG

Beste LW Bokkies, 

Inleiding tot die gebruik van hierdie blog:

Ten-einde hierdie blog-spasie optimaal te gebruik as jong Bioloë, is 'n paar formaliteite in orde.
Hieronder is 'n lys van goeie gebruiks- vereistes aangaande hierdie blog. 

1. Hierdie is 'n STRENG akademiese blog. 
2. Geen private gesprekke, links, share(s) en  mentions sal toegelaat word nie. 
3. Slegs materiaal van akademiese aard sal toegelaat en aangemoedig word. 

Waarvoor kan hierdie blog gebruik word?

1. Het jy 'n interessante video om YouTube gesien? Deel dit met die blog. Onthou, hierdie is 'n LW blog, doellose vakke, soos die van Wiksunde, wil ons niks van weet nie. 
2. Ons stel belang in die Wetenskappe. Voeg jou opinie, idees en nuwe uitvinding hierby.
3. Vraestelle en memorandums sal hier "gepost"word. Dit is goed vir hersien. 
4. Eksamen roosters, praktiese persiodes en benodighede sal ook hier "gepost"word. 
5. Algemene reëlings is ook aan die order van die dag. 
6. Eksamen wenke.
7. Eksperimente.
8. Naslaanwerk.
9. Wetenskaplike interessanthede.
10. Vorderings in die Wetenskappe.


Ek hoop van harte dat hierdie Blog vir jou 'n insperasie sal wees, veral in die veld van Wetenskap. 

Geniet dit!

Groete, 
Mnr. S. Thiart