TOETSREEKS- WENKE VIR 14 MAART 2016
My kinders, soos jy weet weeg hierdie vraestel baie vir jou kwartaalpunt en daarom is dit baie belangrik om goed en hard te leer vir hierdie toetsreeks. Hier is 'n paar wenke aangaande die vraestel wat ek hoop dit vir jou makliker sal maak om te volhard.
1. 1 uur en 10 min skryftyd
2. 70 punte
3. LEES JOU INSTRUKSIES EN INLIGTING VOORDAT JY BEGIN.
4. AFDELING A, Vraag 1: Meerkeusevrae
***Kyk na vaatbundels, mos, bakteriee, imuuniteit, tradisionele Biotegnologie en plante***
5. AFDELING B Vraag 2: Vrae vanaf skets.
***Biodiversiteit van plante*** (Dele en aanpassings).
Vraag 3: Leesstuk, Lees net mooi.
***Siektes***
6. AFDELING C: Vraag 4: Langvraag.
*** Ek wil 'n inleiding, liggaam en slot sien. Ek wil sien hoe jy ontwikkel in die teks.***
*** 17 punte hiervan gaan aan jou kennis oor die onderwerp, maak dus seker jy kan 17 feite
rakend die onderwerp vermeld.***
*** 3 punte gaan aan jou Sintese, hoe relevant en logies jou teks is EN of jy begrip van die
onderwerp toon.
MOONTLIKE LANGVRAE: Hier is die moontlikes waarop jy jouself van voorberei. Maak dus seker dat jy 'n "rolling"kennis van elkeen van hierdie onderwerpe het. Moet ook nie vergeet wat ek in die klas vir jou gesĂȘ het nie.
*Lewenssiklus van die Malaria-muskiet
*Voor en nadele van ongeslagtelike en geslagtelike voortplanting onder plante
*Aanpassings van organismes (diere), met betrekking tot die liggaam.
*Liggaamsplanne van diere.
7. ONTHOU, die eksamen-woordelys wat ek vir elkeen gegee het, kyk daarna en maak seker jy
KEN die terms en betekenis van die belangrikes.
Lekker leer en maak my trots!
Groete, Prof. Thiart.